My hart voel swaar vandag. Dit het gister al swaar begin voel. Na vanoggend se Bybelstudie groepie met vriendinne voel ek bietjie beter, maar tyd met my man is min en ek sukkel om een of ander rede om aan die gesels te raak met Jason. Ek wil so graag met my man gesels.
Dis 'n woeste begin van die week... Jason - "Here dankie" het met sy nuwe werk begin Maandag by Restio! Die Here is getrou en gee Sy kinders wat hul nodig het! Ons moet net glo, vertrou en op ons knie bly.
My hart is swaar oor my grootseun. Ek voel weer hulpeloos en geld is beperk en is brood nodig om deure oop te maak. Die skool, juffrou Frieda, het laat weet dat Jade sukkel met stil sit en konsentreer. Toe maak en die fout om na 'n homeopaat te gaan... ek se 'n fout want dit het ons geld gekos wat ons nie gehad het nie en ek het geglo dit was nodig. Meer as R600 later en dit help ons toe net mooi niks. My niggie het Melotone aanbeveel van Sportron, maar Jade se spraakterapeut het laat weet dat "The Real Thing" die probleem van konsentrasie en stil sit beter sal aanspreek. Ek het gaan google oor watter "The Real Thing" produk die probleem sal aanspreek net om te besef ek sou amper 3 maande se voorraad kon koop met die een afspraak by die Homeopaat. :-( Not cool!
Gister te Bybelstudie by Redri het my aangespreek op my humeur en aggressie. Die rede hoekom ek dit nou noem, is het my grootseun die gedrag by my sien en is ek die rede vir sy aggressiewe gedrag nou en dan? My hart voel seer! My versie wat ek nou leer is Proverbs 1:15 "A gentle answer turns away wrath, but a harsh word stirs up anger." A gentle word... Lord, please make this scripture part of my soul!
Maar my hart is nog swaar... gisteraand by die oueraand was ons grootseun 2 maal deur kinders geboelie. Die een kind het al 2 maal van te vore my seun geboelie. Vanoggend oor koffie het ek my vriendinne gevra wat ek moet doen om my seun te help... my idee was dat ek vir Jade die 'tools' moet gee om vir homself op te staan en sterk te wees teen die aanslae van boelies. My vriendinne het my gerus gestel dat dit my plig is om op te staan en my kind ten alle koste te beskerm. En hier loop en die hele tyd en wonder hoe ek my kind moet leer om vir homself op te staan, terwyl ek dit vir hom moet doen. Ek voel verlig! Ek mag my kind beskerm... ek moet my kind beskerm en is nie oorbeskermend deur so te maak nie. Ek ontneem hom nie van sosiale vaardighede deur vir hom op te staan nie.